1 Samuel 12:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle die HERE hulle God vergeet het, het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab, en hulle het teen hulle geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die volk het spoedig die Here hulle God vergeet. Daarom het Hy toegelaat dat Sisera, die bevelvoerder van Hasor se leër, die Filistyne en die koning van Moab julle onderwerp.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het die HERE hul God vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van S¡sera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab -- wat teen hulle geveg het.
Afrikaans 1983 Maar julle voorvaders het die Here hulle God vergeet. Hy het hulle oorgegee in die mag van Sisera, die leëraanvoerder van Hasor, en in die mag van die Filistyne en van die koning van Moab, wat almal teen julle voorvaders oorlog gemaak het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het egter die Here hulle God vergeet, en Hy het hulle oorgelewer in die hand van Sisera, die bevelvoerder van die leër van Gasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab. Toe hulle teen julle voorouers oorlog gevoer het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle voorvaders het hulle God die Here vergeet, en toe het die Here vir Sisera gebring om oorlog te maak teen die Israeliete. Sisera was die hoof van die leër van Hasor. Die Here het ook die Filistyne en die koning van Moab gebring om oorlog te maak teen die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar hulle het die Here hulle God vergeet. Hy het hulle oorgegee in die mag van Sisera, die generaal van die dorp Hasor. Die Here het hulle ook in die mag van die Filistyne en die koning van Moab oorgegee. Toe hulle teen julle voorouers oorlog gemaak het,