1 Samuel 12:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Jakob in Egipte ingekom het, en julle vaders die HERE aangeroep het, het die HERE Moses en Aäron gestuur, wat julle vaders uit Egipte uitgelei het en hulle in hierdie plek laat woon het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Toe Jakob in Egipte tot die Here geroep het, het Hy Moses en Aäron gestuur om hulle uit Egipte na hierdie land te bring.
Afrikaans 1933/1953 Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders die HERE aangeroep het, het die HERE Moses en Aäron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.
Afrikaans 1983 “Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders na die Here geroep om hulp. Die Here het toe vir Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte uit gelei en in hierdie land laat woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Jakob in Egipte aangekom het, het julle voorouers na die Here om hulp geroep. Die Here het Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorouers uit Egipte laat wegtrek en hulle op hierdie plek laat woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Jakob in Egipte gekom het, het julle voorvaders tot die Here gebid en hulle het gevra dat Hy hulle moet help. Die Here het vir Moses en Aäron gestuur, en hulle het julle voorvaders uit Egipte gebring en hier laat woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Jakob Egipte toe getrek het, het julle voorouers na die Here geroep en gevra Hy moet hulle help. Hy het Moses en Aäron gestuur. Hulle het julle voorouers uit Egipte gelei en vir hulle hier ’n blyplek gegee.