1 Samuel 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Staan dan nou stil, dat ek met julle voor die aangesig van die HERE kan redeneer oor al die regverdige dade van die HERE wat Hy aan julle en aan julle vaders gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Staan nou hier voor die Here terwyl ek julle herinner aan al die goeie dinge wat die Here vir julle en julle voorvaders gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van die HERE oor al die regverdige dade van die HERE wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Kom staan nou hier dat ek julle voor die Here kan onderrig op grond van al die reddingsdade van die Here wat Hy vir julle en julle voorgeslag gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Staan dan nou gereed, sodat ek voor die Here met julle die saak kan uitmaak oor al die weldade van die Here wat Hy aan julle en julle voorouers bewys het: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kom staan nou hier sodat ek vir julle kan vertel hoe goed die Here was vir julle en julle voorvaders, die Here moet dit hoor. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan nou téén julle vir die Here getuig, deur al die goeie dinge wat die Here vir julle en julle voorouers gedoen het, op te noem. |