1 Samuel 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Samuel aan die volk: Dit is die HERE wat Moses en Aäron bevorder het, en wat julle vaders uit Egipteland laat optrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verder sê Samuel: “Dit is die Here wat Moses en Aäron aangestel het en ons voorouers uit Egipte gebring het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het Samuel aan die volk gesê: Getuie is die HERE wat Moses en Aäron voortgebring en julle vaders uit Egipteland laat optrek het. |
| Afrikaans 1983 | Samuel sê toe vir die volk: “Die Here deur wie Moses en Aäron gemaak is wat hulle was, en deur wie julle voorgeslag uit Egipte gebring is, is getuie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê Samuel vir die volk: “Die Here is die Een wat Moses en Aäron aangewys het en julle voorouers uit Egipteland laat optrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het Samuel vir die volk gesê: “Die Here het vir Moses en Aäron leiers gemaak en dit is Hy wat julle voorvaders uit die land Egipte gebring het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna sê Samuel vir die volk: “Julle weet dit is die Here wat Moses en Aäron gegee het en julle voorouers uit Egipte laat trek het, nè? Wel, kom staan dan hier in die beskuldigdebank! |