1 Samuel 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en sy gesalfde is vandag getuie dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle antwoord: Hy is getuie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Here en sy gesalfde is my getuie dat ek niks verkeerds teen julle gedoen het nie,” sê Samuel. “Ja, Hy is getuie,” antwoord hulle.
Afrikaans 1933/1953 Daarop sê hy vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.
Afrikaans 1983 Verder sê Samuel vir hulle: “Die Here is hier by julle getuie, en sy gesalfde is vandag ook getuie dat julle niks teen my gevind het nie.” En hulle sê: “Hy is getuie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sê toe vir hulle: “Die Here is 'n getuie teen julle, en sy gesalfde is op hierdie dag 'n getuie, dat julle niks in my hand gevind het nie.” “Hy is getuie,” het hulle gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Samuel vir hulle: “Die Here en sy gesalfde koning is getuies. Julle kan my nie beskuldig nie, ek het niks verkeerd gedoen nie.” Hulle het gesê: “Dit is waar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel sê vir hulle: “Die Here is vandag getuie en sy gesalfde koning is ook getuie dat julle gesê het ek het niks onwettigs gedoen nie.” Hulle stem toe saam: “Die Here is getuie.”