1 Samuel 12:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het gesê: U het ons nie bedrieg of verdruk nie, en u het niks uit iemand se hand geneem nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nee!” antwoord hulle. “U het ons nooit op enige manier bedrieg of verdruk nie. U het ook nooit omkoopgeld aanvaar nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe antwoord hulle: “U het ons nie benadeel en ons ook nie verdruk nie. U het van niemand iets gevat nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gesê: “U het ons nie uitgebuit nie en ons nie mishandel nie. U het nie uit enigiemand se hand iets gevat nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het gesê: “Jy het nie slegte dinge aan ons gedoen nie, jy het ons nie laat swaarkry nie, jy het van niemand iets gevat nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee,” antwoord hulle, “u het niemand gedwing om vir u iets te gee of iemand mishandel nie. U het by niemand iets gevat nie.” |