1 Samuel 12:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, hier is ek: getuig teen my voor die aangesig van die HERE en voor sy gesalfde: wie se bees het ek geneem? of wie se esel het ek gevat? of wie het ek bedrieg? wie het ek verdruk? of uit wie se hand het ek enige omkoopgeld ontvang om my oë daarmee te verblind? en Ek sal dit vir jou herstel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sê nou hier voor die Here en sy gesalfde: By wie het ek ’n os of ’n donkie gevat? Het ek enigeen van julle ooit bedrieg? Vir wie het ek verdruk? Van wie het ek ooit omkoopgeld ontvang? Sê my, en ek sal wat ek ook al verkeerd gedoen het, vergoed.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hier is ek; getuig teen my voor die HERE en voor sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak -- dan sal ek dit aan julle teruggee. |
| Afrikaans 1983 | Lê dan nou getuienis teen my af in die teenwoordigheid van die Here en sy gesalfde. Van wie het ek 'n os gevat? Van wie het ek 'n donkie gevat? Wie het ek benadeel of wie het ek verdruk? Uit wie se hand het ek omkoopgeld aangeneem om 'n onreg oor te sien? Ek sal dit terugbetaal.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hier is ek – bring getuienis teen my in voor die Here en voor sy gesalfde. Wie se bees het ek gevat? Wie se donkie het ek gevat? Wie het ek uitgebuit? Wie het ek mishandel? Uit wie se hand het ek 'n omkoopgeskenk aanvaar en so my oë gesluit? Ek sal dit aan julle teruggee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is ek. Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het, sê dit waar die Here en sy gesalfde dit kan hoor. Wie se bees of donkie het ek gevat? Aan wie het ek slegte dinge gedoen en vir wie het ek laat swaarkry? Van wie het ek omkoopgeld geneem sodat ek nie reg moet oordeel nie? Sê vir my, dan sal ek dit teruggee.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier staan ek voor julle. Julle kan my nou by die Here en by sy gesalfde koning aankla as ek iets verkeerds gedoen het. Het ek ooit iemand se goed gevat of iemand mishandel? Het ek ooit omkoopgeld gevat en onreg toegelaat? As ek dit ooit gedoen het, sal ek daarvoor betaal.” |