1 Samuel 12:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vrees net die HERE en dien Hom in waarheid met julle hele hart; want let op watter groot dinge Hy aan julle gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar dien die Here in opregtheid. Dink aan al die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.
Afrikaans 1983 Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar julle moet net vir die Here ontsag hê en Hom in getrouheid dien met julle hele hart. Ja, let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar dan moet julle die Here eer en julle moet Hom waarlik dien met julle hele hart, en julle moet onthou dat Hy groot dinge gedoen het vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onthou, julle moet respek hê vir die Here. Julle het self gesien watter groot dinge Hy vir julle gedoen het. Daarom moet julle Hom getrou en met oorgawe dien.