1 Samuel 12:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wat my betref, mag God verhoed dat ek teen die HERE sou sondig deur op te hou om vir julle te bid; maar ek sal julle die goeie en die regte weg leer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wat my betref, ek sal sekerlik nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal ook voortgaan om julle te leer wat goed en reg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die HERE sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig. |
| Afrikaans 1983 | Ook ek sal nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ook wat my betref – nooit sal ek teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal julle die goeie en reguit pad leer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek, julle moenie dink dat ek sonde sal doen teen die Here nie, ek sal nie ophou om vir julle te bid nie, ek sal vir julle leer om reg te lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat my betref: daar bestaan nie ’n moontlikheid dat ek sal ophou om vir julle by die Here te pleit nie. As ek dit sou doen, sondig ek teen Hom. Ek sal ook nie ophou om vir julle die goeie, reguit pad te wys nie. |