1 Samuel 12:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die HERE sal sy volk nie verlaat ter wille van sy grote Naam nie, omdat dit die HERE behaag het om julle sy volk te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ter wille van sy grote Naam sal die Here nie sy volk verlaat nie. Hy het julle ’n besondere volk vir Homself gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die HERE sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit die HERE behaag het om van julle vir Hom 'n volk te maak. |
| Afrikaans 1983 | Ter wille van sy groot Naam sal die Here nie sy volk prysgee nie. Die Here het besluit om julle sy volk te maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die Here sal sy volk nie in die steek laat nie, ter wille van sy groot Naam. Die Here het immers besluit om julle sy volk te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die Here sal nie sy volk los nie, Hy wil hê dat almal moet weet dat Hy die Groot God is. Ja, Hy het besluit dat julle sy volk moet wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here sal, omdat Hy ’n goeie Naam het, nie sy mense in die steek laat nie. Ja, Hy het vas besluit dat julle sy volk sal wees. |