1 Samuel 12:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wyk julle nie af nie; want hulle is ydel.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie weer die nuttelose beelde aanbid nie. Hulle kan julle nie help of verlos nie. Hulle is totaal nutteloos!
Afrikaans 1933/1953 En julle mag nie afwyk nie, want dan gaan julle agter nietige afgode aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle nietighede is.
Afrikaans 1983 Moenie agter afgode aan wegdraai nie. Hulle kan nie help of red nie, want hulle is niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle mag nie wegdraai nie, ja, nie agter nietige afgode aan wat geen voordeel kan bied of kan red nie, omdat hulle nietighede is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie weggaan van Hom nie, want dan gaan julle na die afgode toe wat niks beteken nie en wat nie kan help en red nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet nooit hulp soek by daardie hopelose spul afgode nie. Hulle kan niks doen nie. Hulle kan nie help nie, want hulle ís niks.