1 Samuel 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, kyk, die koning loop voor julle uit, en ek is oud en gryshoofdig; en kyk, my seuns is by julle, en ek het voor julle gewandel van my kinderdae af tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Van nou af sal hierdie koning julle lei. Ek het oud en grys geword en my seuns is by julle. Ek het julle van jongs af tot nou toe gelei.
Afrikaans 1933/1953 En kyk nou, die koning sal voor julle uit wandel, en ek het oud en grys geword, en my seuns is hier by julle. En ek het voor julle uit gewandel van my jeug af tot vandag toe.
Afrikaans 1983 Hier is die koning dan nou. Hy sal julle lei. Maar ek het oud en grys geword en my seuns is hier saam met julle. Ek het julle van my jeug af tot nou toe gelei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hier is dan nou die koning wat voor julle uit sal loop. Ek het oud en grys geword, maar my seuns is nog hier by julle. “Ek is die een wat van my jeug af tot vandag toe voor julle uit geloop het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom is die koning nou hier en hy lei julle. Ek is oud, en my seuns is hier by julle. Dit is ek wat julle gelei het vandat ek jonk was tot nou toe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou kan die koning julle lei. Ek is ’n ou man en ek is grys; ja, my kinders is so oud soos julle. Ek self het julle gelei van my jong dae af tot vandag toe.