1 Samuel 12:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die hele volk vir Samuel: Bid vir u dienaars tot die HERE u God, dat ons nie sterwe nie; want ons het hierdie onheil by al ons sondes bygevoeg om vir ons 'n koning te vra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Bid tog tot die Here u God ter wille van ons, anders sal ons sterf!” smeek hulle vir Samuel. “Ons het nou nog toegevoeg tot ons sondes deur vir ’n koning te vra.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het die hele volk vir Samuel gesê: Bid tot die HERE u God vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons sondes nog kwaad gedoen het deur 'n koning vir ons te begeer. |
| Afrikaans 1983 | Die hele volk het vir Samuel gesê: “Bid tot die Here u God vir ons sodat ons nie sterwe nie, want by al ons sondes het ons nog boonop 'n verkeerde ding gedoen deur vir ons 'n koning te vra.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volk sê toe vir Samuel: “Bid tot die Here u God ter wille van u dienaars, sodat ons nie sterf nie; want by al ons sondes het ons nog die kwaad bygevoeg om 'n koning vir ons te vra.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense het vir Samuel gesê: “Jy moet tot jou God die Here bid en vra dat ons nie sal sterf nie, want ons het baie sondes gedoen, en nou het ons ook nog hierdie verkeerde ding gedoen om 'n koning te vra.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal sê toe vir Samuel: “Pleit asseblief vir ons by die Here u God dat ons nie sterf nie; want by alles wat ons verkeerd gedoen het, het ons nog die verskriklike ding gedoen om ’n koning te vra.” |