1 Samuel 12:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Samuel die HERE aangeroep; en die HERE het daardie dag donder en reën gestuur, en die hele volk was baie bang vir die HERE en vir Samuel.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe roep Samuel die Here aan en die Here het donderweer en reën gestuur. Almal was met ontsag gevul vir die Here en vir Samuel.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Samuel die HERE aangeroep, en die HERE het donderslae en reën op die dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword het vir die HERE en vir Samuel.
Afrikaans 1983 Samuel het die Here aangeroep, en die Here het op dieselfde dag donderslae en 'n stortreën gegee, en die hele volk het groot ontsag gekry vir die Here, en ook vir Samuel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het Samuel die Here aangeroep, en die Here het nog dieselfde dag donderslae en reën beskik. Die hele volk het groot ontsag gehad vir die Here en vir Samuel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het tot die Here gebid, en die Here het daardie dag donderweer en reën gestuur. Die hele volk het baie bang geword vir die Here en vir Samuel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Samuel na die Here roep, het die Here daardie dag ’n donderstorm laat losbreek. Al die mense het groot respek gehad vir die Here en vir Samuel.