1 Samuel 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as julle nie na die stem van die HERE luister nie, maar teen die bevel van die HERE in opstand kom, dan sal die hand van die HERE teen julle wees soos teen julle vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as julle teen die bevele van die Here in opstand kom en weier om Hom gehoorsaam te wees, dan sal die Here teen julle draai soos destyds met julle voorouers. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as julle nie na die stem van die HERE luister nie en wederstrewig is teen die mond van die HERE, dan sal die hand van die HERE teen julle wees soos teen julle vaders. |
| Afrikaans 1983 | As julle nie na die stem van die Here luister nie en ongehoorsaam is aan die bevel van die Here, sal die Here teen julle wees, soos teen julle voorvaders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As julle egter nie na die stem van die Here luister nie en in opstand kom teen die bevel van die Here, sal die hand van die Here teen julle en teen julle koning wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as julle nie doen wat die Here wil hê nie en as julle opstandig is teen wat Hy vir julle sê, dan sal Hy teen julle wees soos Hy teen julle voorvaders was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as julle nie na Hom luister nie en teen sy bevele in opstand is, sal die Here julle laat swaarkry soos Hy met julle voorouers gemaak het. |