1 Samuel 12:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As julle die HERE vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie in opstand kom teen die bevel van die HERE nie, dan moet julle sowel as die koning wat oor julle regeer, die HERE julle God volg.
Afrikaans (NLV) 2011 “As julle nou die Here dien, aanbid en na Hom luister; en as julle nie teen die Here se voorskrifte in opstand kom nie; as julle en julle koning die Here julle God navolg, dan sal alles met julle goed gaan.
Afrikaans 1933/1953 As julle maar die HERE vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van die HERE nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, die HERE julle God maar volg!
Afrikaans 1983 As julle eerbied aan die Here betoon, Hom dien en na sy stem luister en julle ook nie verset teen die bevel van die Here nie, julle sowel as die koning wat oor julle regeer, sal die Here julle God by julle wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As julle ontsag sal hê vir die Here, Hom sal dien, na sy stem sal luister en nie teen die bevel van die Here in opstand kom nie, en as julle, en ook die koning wat oor julle regeer, die Here julle God altyd sal volg – dan is dit goed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal goed gaan met julle as julle die Here respekteer en dien en doen wat Hy wil hê, as julle nie opstandig is teen wat Hy vir julle sê nie, en as julle altyd julle God die Here volg, julle en julle koning wat oor julle regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As julle respek het vir die Here, Hom dien en na Hom luister en nie teen sy bevele in opstand is nie; as julle én die koning wat oor julle regeer, die Here volg, sal Hy julle God wees.