1 Samuel 12:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het Jerubbaäl en Bedan en Jefta en Samuel gestuur en julle verlos uit die hand van julle vyande rondom, en julle het veilig gewoon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarop stuur die Here vir Gideon, Barak, Jefta en Simson om julle te bevry sodat julle in veiligheid kon lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het Jerubbaäl en Bedan en Jefta en Samuel gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het. |
| Afrikaans 1983 | Toe het die Here vir Jerubbaäl, Barak, Jefta en Samuel gestuur en julle bevry uit die mag van julle vyande rondom julle sodat julle rustig kon woon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het Jerubbaäl, Bedan, Jefta en Samuel gestuur, en Hy het julle gered uit die hand van julle vyande aan alle kante, en julle het veilig gewoon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het toe vir Jerub-Baäl gestuur en vir Bedan en Jefta en Samuel, en Hy het julle gered van julle vyande rondom julle, sodat julle veilig kon woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here het Jerubbaäl, Bedan, Jefta en vir my, Samuel, gestuur en die Here het julle vrygemaak van die mag van julle vyande aan alle kante sodat julle rustig kon woon. |