1 Samuel 12:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die HERE aangeroep en gesê: Ons het gesondig, omdat ons die HERE verlaat het en die Baäls en Astartes gedien het; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, en ons sal U dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Toe het hulle weer tot die Here geroep en bely: ‘Ons het gesondig deur weg te draai van die Here af en die beelde van Baäl en Astarte te vereer. Maar red ons tog nou van ons vyande, en ons sal U dien.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hulle die HERE aangeroep en gesê: Ons het gesondig, want ons het die HERE verlaat en die Baäls en Astartes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het na die Here geroep om hulp en het bely: ‘Ons het gesondig, want ons het die Here verlaat en ons het die Baäls en die Astartes gedien. Red ons tog nou uit die mag van ons vyande, en ons sal U dien.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het hulle na die Here om hulp geroep en gesê, ‘Ons het gesondig, want ons het die Here verlaat en die Baäls en Astartes gedien. Red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het tot die Here gebid en gevra dat Hy hulle moet help. Hulle het gesê: ‘Ons het sonde gedoen, want ons het weggegaan van die Here en ons het die Baäls en die Astartes gedien. Maar U moet ons nou red van ons vyande, dan sal ons vir U dien.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het hulle na die Here geroep en bely: ‘Ons het gesondig, want ons het die rug vir U, Here, gedraai en die Baälgode en Astarte-godinne gedien. Red ons asseblief nou uit die mag van ons vyande. Ons sal U dien.’ |