1 Samuel 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy hulle in Besek getel het, was die kinders van Israel drie honderd duisend en die manne van Juda dertig duisend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saul het hulle by Besek bymekaargemaak. Daar was 300 afdelings uit Israel en 30 afdelings uit Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van Israel was drie honderd duisend en die manne van Juda dertig duisend. |
| Afrikaans 1983 | Saul het hulle in Besek getel. Daar was drie honderd afdelings Israeliete, en die manne van Juda was dertig afdelings. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saul het hulle in Besek gemonster – die Israeliete was driehonderdduisend, en die manne van Juda was dertigduisend. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saul het hulle by die stad Besek laat bymekaarkom en hy het hulle getel. Daar was 300 000 manne van Israel en 30 000 manne van Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Saul het die manskappe by Besek getel: daar was 300 afdelings Israeliete en 30 afdelings Judeërs. |