1 Samuel 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, Saul het agter die beeste aan uit die veld gekom; Toe sê Saul: Wat is dit met die volk dat hulle ween? En hulle het hom die tyding van die manne van Jabes vertel.
Afrikaans (NLV) 2011 Saul het toe van die landerye af gekom waar hy besig was om te ploeg. Met sy tuiskoms vra hy: “Wat gaan aan dat almal so huil?” Hulle vertel hom toe van die boodskap van Jabes.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.
Afrikaans 1983 Toe kom Saul net agter die osse van die land af en hy vra: “Wat makeer die volk dat hulle so huil?” Hulle het hom vertel wat die manne van Jabes gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Juis toe kom Saul van die land af terug, agter die osse aan. Saul vra toe: “Wat is dit met die volk dat hulle huil?” Hulle vertel hom toe wat die manne van Jabes gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het dieselfde tyd uit die veld teruggekom met die beeste en hy vra toe: “Hoekom huil die mense?” Hulle het vir hom vertel wat die manne van Jabes kom sê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saul was juis agter ’n span osse op pad huis toe van die land af. “Wat is dit met die mense dat hulle so huil?” vra hy. Hulle vertel hom wat die manne van Jabes gesê het.