1 Samuel 11:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die boodskappers by Gíbea van Saul gekom en die tyding voor die ore van die volk verkondig, en die hele volk het hul stem verhef en geween. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boodskappers het by Gibea, Saul se tuisdorp, aangekom en vir die mense van die dreigende ramp vertel. Almal het in trane uitgebars. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die boodskappers het in G¡bea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween. |
| Afrikaans 1983 | Die boodskappers het by Saul se stad Gibea gekom en ten aanhore van die volk die hele saak uiteengesit. En die hele volk het hard gehuil. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die boodskappers in Gibea van Saul aankom en die voorwaardes ten aanhore van die volk herhaal, het die hele volk hardop begin huil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die boodskappers in die stad Gibea-van-Saul kom en vir die mense daar alles vertel, het al die mense hard begin huil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die boodskappers met dié slegte nuus in Gibea aankom, waar Saul woon, en dit vir die mense vertel, het hulle hardop begin huil. |