1 Samuel 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oudstes van Jabes sê vir hom: Gee ons sewe dae uitstel, dat ons boodskappers na al die gebiede van Israel kan stuur; en dan, as daar niemand is om ons te verlos nie, sal ons na jou toe uittrek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gee ons sewe dae om boodskappers deur die hele Israel te stuur!” antwoord die leiers van Jabes. “As niemand van ons bloedverwante tot ons redding kom nie, sal ons tot jou voorwaardes instem.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van Israel kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.
Afrikaans 1983 Toe sê die leiers van Jabes vir hom: “Gee ons sewe dae kans sodat ons boodskappers deur die hele gebied van Israel kan stuur. Indien niemand tot ons redding kom nie, sal ons ons aan u oorgee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die oudstes van Jabes sê toe vir hom: “Laat ons sewe dae toe, sodat ons boodskappers deur die hele gebied van Israel kan stuur. As daar dan niemand is wat ons kan red nie, sal ons ons aan u oorgee.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die leiers van die mense in Jabes het vir Nagas gesê: “Los ons sewe dae lank sodat ons boodskappers kan stuur deur die hele land Israel. As niemand ons red nie, dan sal ons uitkom na jou toe en 'n ooreenkoms maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gee ons sewe dae kans,” het die leiers van Jabes hom laat weet. “Ons sal boodskappers deur die hele Israel stuur. As niemand kans sien om ons te help nie, sal ons oorgee.”