1 Samuel 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Nahas, die Ammoniet, het hulle geantwoord: Op hierdie voorwaarde sal ek 'n verbond met julle sluit, dat ek julle hele regter-oë kan uitsteek en dit as 'n smaad op die hele Israel kan lê.
Afrikaans (NLV) 2011 “Goed,” sê Nagas, “maar net op hierdie voorwaarde: dat ek die regteroog van elkeen van julle uitsteek tot die skande van almal in Israel!”
Afrikaans 1933/1953 Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek die verbond met julle sluit, dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as 'n skande op die hele Israel kan lê.
Afrikaans 1983 En Nagas die Ammoniet het vir hulle gesê: “Op hierdie voorwaarde sal ek dit doen: ek steek elkeen van julle se regteroog uit tot skande van die hele Israel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Nagas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: “Op hierdie voorwaarde sal ek 'n ooreenkoms met julle sluit: Wanneer ek elkeen van julle se regteroog uitsteek en daardeur skande oor die hele Israel bring.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Ammoniet Nagas het vir hulle gesê: “Ek sal 'n ooreenkoms maak met julle, maar ek sal eers elkeen van julle se regter-oog uitsteek, want ek wil hê al die Israeliete moet skaam wees vir julle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nagas, die Ammoniet, se antwoord was: “Ja, maar op voorwaarde dat ek elkeen van julle se regteroog uitsteek en die hele Israel so verneder.”