1 Samuel 11:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele volk het na Gilgal gegaan; en daar het hulle Saul in Gilgal koning gemaak voor die aangesig van die HERE; en daar het hulle dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring; en Saul en al die manne van Israel was daar baie bly.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle gaan toe almal na Gilgal toe. Daar het hulle tydens ’n plegtigheid in die teenwoordigheid van die Here Saul tot koning gekroon. Daarna het hulle maaltydoffers aan die Here gebring. Saul en al die Israeliete was baie bly.
Afrikaans 1933/1953 En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die aangesig van die HERE in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar dankoffers voor die aangesig van die HERE geslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.
Afrikaans 1983 Al die manskappe is toe na Gilgal toe, en daar in Gilgal het hulle voor die Here aangekondig dat Saul koning is. Hulle het daar maaltydoffers voor die Here gebring, en Saul en al die manskappe van Israel was baie bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die manskappe het toe na Gilgal gegaan en hulle het Saul daar in Gilgal, in die teenwoordigheid van die Here, as koning ingehuldig. Hulle het daar voor die Here •maaltydoffers geslag. Saul en al die manne van Israel was baie vrolik daar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die manne het toe na Gilgal gegaan en hulle het daar by die tempel vir Saul koning gemaak. Hulle het daar ete-offers vir die Here gebring, en Saul en al die manne van Israel het baie gelukkig gevoel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal het Gilgal toe gegaan en daar voor die altaar in Gilgal gesê dat Saul koning is. Hulle het offers geslag en by die altaar geëet. Saul en al die Israeliete het daar ’n groot fees gehou.