1 Samuel 11:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Nahas, die Ammoniet, opgetrek en laer opgeslaan teen Jabes in Gílead, en al die manne van Jabes het vir Nahas gesê: Sluit 'n verbond met ons, en ons sal u dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Nagas van Ammon het met sy leër teen die Israelitiese stad Jabes-Gilead opgetrek. Maar die inwoners van Jabes het vir vrede gevra: “Maak ’n ooreenkoms met ons en ons sal u onderdanig wees,” het hulle gesê.
Afrikaans 1933/1953 En Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in G¡lead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons 'n verbond, dan sal ons u dien.
Afrikaans 1983 Nagas die Ammoniet het opgetrek en Jabes in Gilead beleër. Al die inwoners van Jabes het vir Nagas gesê: “Sluit 'n verdrag met ons, dan sal ons u onderdane wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nagas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in Gilead beleër. Al die manne van Jabes sê toe vir Nagas: “Sluit met ons 'n ooreenkoms, dan sal ons u dien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nagas die Ammoniet het sy tente opgeslaan by die stad Jabes in Gilead. Hy wou oorlog maak teen die mense van die stad. Die leiers van die mense in Jabes het vir Nagas gesê: “As jy 'n ooreenkoms maak met ons, dan mag jy oor ons regeer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nagas het uit Ammon opgetrek en die dorp Jabes in Gilead beleër. Die mense van Jabes sê toe vir Nagas: “Ons wil graag ’n ooreenkoms met u aangaan. Ons is bereid om u onderdane te wees.”