1 Samuel 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy sy rug gedraai het om van Samuel af weg te gaan, het God hom 'n ander hart gegee, en al daardie tekens het daardie dag gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Saul omdraai om te gaan, het God sy hart verander. Al die tekens waarvan Samuel gepraat het, het daardie dag gebeur.
Afrikaans 1933/1953 En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op die dag uitgekom.
Afrikaans 1983 Net toe hy omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God Saul se gesindheid verander. Al hierdie tekens het op dié dag uitgekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net toe Saul omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander. Al hierdie tekens is dieselfde dag nog vervul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Saul omdraai om weg te gaan van Samuel, het God vir Saul heeltemal verander, en hy het soos 'n ander man geword. Alles wat Samuel gesê het, het daardie dag so gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die oomblik toe Saul omdraai om van Samuel af weg te gaan, het God klaar sy hart verander. Al die dinge wat Samuel gesê het sal gebeur, het werklik nog dieselfde dag gebeur.