1 Samuel 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna sal jy by die heuwel van God kom, waar is die wagpos van die Filistyne; en as jy daar in die stad kom, sal jy 'n menigte profete teëkom wat van die hoogte afkom met 'n harp en 'n tameletjie en 'n pyp en 'n siter voor hulle uit; en hulle sal profeteer: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarna sal jy aankom by Gibea-van-God waar die garnisoen van die Filistyne is. Naby die dorp sal jy ’n klompie profete teëkom op pad vanaf die altaar op die hoogte. Hulle sal met begeleiding van ’n harp, ’n tamboeryn, ’n fluit en ’n lier profeteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna sal jy kom by G¡bea van God waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy 'n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer. |
| Afrikaans 1983 | Daarna sal jy uitkom by Gibea-van-God waar wagposte van die Filistyne is. Wanneer jy die stad binnekom, sal jy op 'n groep profete afkom. Hulle sal van die hoogte af gaan onder begeleiding van harpe, tamboeryne, fluite en liere, en hulle sal as profete optree. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarna sal jy by Gibea van God uitkom, waar wagposte van die Filistyne is. Sodra jy daar die stad binnegaan, sal jy 'n groep profete raakloop wat afkom van die •offerhoogte af. Voor hulle word daar op harpe, tamboeryne, fluite en liere gespeel, terwyl hulle in geestesvervoering is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna sal jy kom by die stad Gibea-van-God. Daar is 'n groep Filistynse soldate wat wagstaan. Wanneer jy daar by die stad kom, dan sal jy 'n groep profete kry wat van die offer-plek kom. Hulle sal musiek maak met harpe, tamboeryne, fluite en liere en hulle sal soos profete praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarna sal jy by Gibea-Elohim kom, waar die Filistyne se wagte is. As jy naby die dorp kom, sal jy ’n groep profete kry wat bo van die offerplek af kom met harpe, tamboeryne, fluite en liere. Hulle sal in profetiese ekstase wees. |