1 Samuel 10:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet jy daarvandaan verder gaan, en jy sal by die Taborvlakte kom, en drie manne sal jou ontmoet wat opgaan na God na Bet-el, een wat drie bokkies dra, en een wat drie brode dra, en een wat 'n bottel wyn:
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer jy by die groot boom by Tabor kom, sal jy drie persone sien wat opgaan om God by Bet-El te dien. Een sal drie jong bokkies dra, die tweede drie brode en die derde ’n sak wyn.
Afrikaans 1933/1953 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na God, na Bet-el opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie broodjies, en een dra 'n sak wyn.
Afrikaans 1983 “En wanneer jy daarvandaan verder gaan, sal jy by Elon-Tabor kom. Daar sal jy drie mans teëkom wat na God in Bet-El opgaan. Die een sal drie bokkies dra, die ander een drie ringbrode en die derde 'n kruik wyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As jy daarvandaan verder gaan, sal jy by die akkerboom van Tabor kom. Daar sal drie mans wat opgaan na God in Bet-El, jou teëkom. Een dra drie bokkies, een dra drie rondebrode en een dra 'n kruik wyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer jy van daar af verder gaan, dan sal jy by die stad Elon-Tabor drie mans kry wat na die tempel in Bet-El gaan. Die een man dra drie bokkies, die een dra drie brode en die een dra 'n velsak wyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As jy van daar af verder gaan en jy kom by die eikeboom van Tabor, sal jy drie mans teëkom. Hulle is op pad na die plek van God by Bet-El. Een dra drie boklammers, die ander een drie ringbrode en die laaste een ’n kruik wyn.