1 Samuel 10:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die kinders van Belial het gesê: Hoe sal hierdie man ons red? En hulle het hom verag en vir hom geen geskenke gebring nie. Maar hy het stilgebly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar daar was ook sommige kwaadwillige manne wat ontevrede was en gesê het: “Hoe kan hierdie man ons red?” Hulle het hom verag en het geen geskenke vir hom gebring nie. Saul het hom egter nie aan hulle gesteur nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die deugniete het gesê: Hoe kan hierdie man ons verlos? En hulle het hom verag en hom geen geskenk gebring nie; maar hy het hom doof gehou. |
| Afrikaans 1983 | Maar die kwaadwilliges het gevra: “Hoe sal hý ons red?” Hulle het hom met minagting behandel en geen geskenk vir hom gebring nie, maar daaraan het Saul hom nie gesteur nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar booswigte het gesê: “Hoe kan hierdie man ons verlos?” En hulle het hom geminag en geen geskenk vir hom geneem nie, maar hy het hom doof gehou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party slegte mense het gesê: “Hierdie man kan niks doen vir ons nie.” Hulle het hom nie gerespekteer nie en hulle het nie presente vir hom gebring nie. Maar Saul het gemaak of hy nie hoor wat hulle sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar ’n klomp niksnutte het gesê: “Moet dié vent ons uit die moeilikheid kry?” Hulle het nie respek vir hom gehad nie en het nie eers ’n geskenk vir hom gevat nie. Saul het hom maar doof gehou. |