1 Samuel 10:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Samuel aan die volk die wyse van die koninkryk vertel en dit in 'n boek geskryf en dit voor die aangesig van die HERE neergelê. En Samuel het die hele volk weggestuur, elkeen na sy huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Samuel die mense ingelig oor die regte en verpligtings van ’n koning. Hy het dit op ’n rol neergeskryf en dit voor die Here neergesit. Toe het Samuel die mense huis toe gestuur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Samuel die reg van die koningskap voor die volk afgekondig en dit in 'n boek geskrywe en voor die aangesig van die HERE neergelê. En Samuel het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan. |
| Afrikaans 1983 | Samuel het hierna die reg van die koning aan die volk bekend gemaak, dit in 'n boek opgeteken en voor die Here neergesit. Daarna het Samuel die hele volk weggestuur, elkeen na sy woonplek toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Samuel het toe met die volk gepraat oor die regte verbonde aan die koningskap, en dit in 'n •boekrol geskryf. Hy het dit voor die Here neergelê. Daarna het Samuel die hele volk laat gaan, elkeen na sy huis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Samuel het toe vir die mense gesê wat die koning alles mag doen, en Samuel het dit in 'n boek geskryf. Hy het die boek in die tempel neergesit. Daarna het hy die mense laat gaan, elkeen na sy huis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Samuel het vir die volk die reëls van die koningskap verduidelik en dit op ’n rol geskryf wat hy in die tempel neergesit het. Daarna het hy almal huis toe gestuur. |