1 Samuel 10:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Samuel aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitverkies het, dat daar onder die hele volk niemand soos hy is nie? En die hele volk het uitgeroep en gesê: Mag die koning die koning red!
Afrikaans (NLV) 2011 Samuel sê toe vir die volk: “Dit is die man wat die Here gekies het om julle koning te wees. Daar is niemand in Israel wat sy gelyke is nie!” Toe roep al die mense: “Mag die koning lank lewe!”
Afrikaans 1933/1953 En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!
Afrikaans 1983 Samuel sê toe vir die hele volk: “Sien julle die een vir wie die Here uitgekies het? Daar is niemand soos hy onder die hele volk nie!” Toe juig almal en sê: “Lank lewe die koning!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel sê toe vir die hele volk: “Sien julle die een vir wie die Here gekies het? Ja, daar is niemand soos hy onder die hele volk nie.” Die hele volk het hom toegejuig met die woorde: “Lank lewe die koning!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel het vir al die mense gesê: “Julle sien die Here het hierdie man gekies. Nie een van die ander mense is soos hy nie.” Toe skree al die mense: “Ons bid dat die koning lank moet lewe!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Samuel sê toe vir die volk: “Sien julle wie het die Here gekies? Daar is nie nog een soos hy nie.” Daarop skree die volk: “Lank lewe die koning!”