1 Samuel 10:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het hulle die HERE verder geraadpleeg of die man nog daarheen sou kom. En die HERE antwoord: Kyk, hy het hom tussen die goed verberg.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle vra toe vir die Here: “Maar is die man al hier?” Toe antwoord die Here: “Hy kruip weg agter die mense se reisgoed.”
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die HERE verder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En die HERE sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.
Afrikaans 1983 Hulle het die Here gevra: “Moet hy nog kom?” Die Here het geantwoord: “Nee, hy is al hier. Hy kruip weg tussen die bondels goed.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het die Here weer geraadpleeg: “Het nog iemand hierheen gekom?” Die Here het gesê: “Kyk, hy kruip weg by die pakgoed.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het toe vir die Here gevra: “Is die man hier?” En die Here het gesê: “Ja, kyk, hy kruip weg tussen die sakke.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarop vra hulle vir die Here: “Is die man wat geloot is hier?” Die Here se antwoord was: “Ja, hy kruip tussen die bagasie weg.”