1 Samuel 10:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe hy die stam van Benjamin volgens hulle families laat nader kom het, is die geslag van Matri geneem, en Saul, die seun van Kis, is gevange geneem; en toe hulle hom soek, kon hy nie gevind word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Samuel al die families in die stam van Benjamin nadergeroep voor die Here, en die familie van Matar is aangewys. Daarna is Saul, die seun van Kis aangewys. Maar toe hulle hom soek, kon hulle hom nie kry nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe hy die stam van Benjamin volgens sy geslagte laat nader kom het, is die geslag van Matri aangewys; verder is Saul, die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. |
| Afrikaans 1983 | Samuel het die stam Benjamin volgens sy families laat nader kom, en die familie van Matar is aangewys. Vervolgens is Saul seun van Kis aangewys, maar toe hulle hom soek, was hy weg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die stam van Benjamin volgens familiegroepe laat nader kom, en die familiegroep van Matri is aangewys. Toe is Saul, seun van Kis, aangewys. Hulle het hom gesoek, maar hy kon nie gevind word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het hy die families van die Benjamin-stam laat nader kom, en die Here het die Matri-familie gekies. Daarna het die Here vir Saul seun van Kis gekies. Maar toe hulle vir Saul soek, kon hulle hom nie kry nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die familiehoofde van die stam van Benjamin na die altaar kom, is die familie van Matri geloot. Uiteindelik is Saul, Kis se seun, geloot. Maar toe hulle hom soek, is hy nie daar nie! |