1 Samuel 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer jy vandag van my af weggaan, dan sal jy twee manne vind by die graf van Ragel, in die grens van Benjamin by Selsa; en hulle sal vir jou sê: Die esels wat jy gegaan het om te soek, is gevind; en kyk, jou vader het die sorg van die esels verlaat en bedroef oor jou en gesê: Wat moet ek met my seun doen?
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy twee persone by Ragel se graf naby Selsag op die grens van Benjamin teëkom. Hulle sal vir jou vertel: ‘Die donkies wat jy gesoek het, is gekry. Nou is jou pa oor jou bekommerd en vra: Ek wonder waar is my seun!’
Afrikaans 1933/1953 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir my seun doen?
Afrikaans 1983 Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy by Selsag, by die graf van Ragel op die grens van Benjamin, twee mans teëkom en hulle sal vir jou sê: ‘Die donkies wat jy gaan soek het, is gekry. Maar kyk, jou pa het die saak van die donkies al laat vaar. Hy is bekommerd oor julle en vra: Wat kan ek omtrent my seun doen?’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer jy vandag van my af weggaan, sal jy twee mans teëkom by die graf van Ragel, by Selsag, in die gebied van Benjamin. Hulle sal vir jou sê, ‘Die donkiemerries wat jy gaan soek het, is gevind. Kyk, jou pa het die saak van die donkiemerries al laat vaar. Hy is besorg oor julle en vra: “Wat moet ek doen oor my seun?” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer jy vandag hier weggaan van my, dan sal jy twee mans kry by die graf van Ragel by die stad Selsag in die land Benjamin. Hulle sal vir jou sê die mense het die donkies gekry wat jy gaan soek het, en jou pa is nou nie meer bekommerd oor die donkies nie, hy is bekommerd oor julle. Jou pa vra: ‘Wat moet ek doen om my seun terug te kry?’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder sê hy: “Wanneer jy nou van my af weggaan, sal jy twee mans teëkom by Selsag, naby die graf van Ragel in die Benjaminstreek. Hulle sal vir jou sê: ‘Die donkies waarna jy soek, is gekry. Jou pa dink nie meer oor hulle nie; hy is bekommerd oor julle twee en wonder wat hy moet doen om sy seun terug te kry.’