1 Samuel 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle het vandag julle God verwerp, wat julle uit al julle benoudhede en julle verdrukkinge gered het; en julle het vir hom gesê: Nee, maar stel 'n koning oor ons aan. Stel julle dan nou voor die aangesig van die HERE volgens julle stamme en volgens julle duisende.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoewel Ek julle van al die onheil en ellende verlos het, het julle My verwerp en gesê: ‘Nee, ons wil liewer ’n koning hê!’ Kom stel julle nou op voor die Here volgens julle stamme en familiegroepe.”
Afrikaans 1933/1953 Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet 'n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die aangesig van die HERE volgens julle stamme en volgens julle geslagte.
Afrikaans 1983 Maar deurdat julle sê: ‘Nee, U móét 'n koning oor ons aanstel,’ verwerp julle vandag julle God wat vir julle uit alle gevare en verdrukking verlos het. Kom staan dan nou voor die Here volgens julle stamme en julle onderafdelings.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Julle, egter, het vandag julle God verwerp wat julle uit alle gevare en benoudhede verlos. Julle het gesê, ‘Nee, maar 'n koning moet jy oor ons aanstel. ’ Neem dan nou plek in voor die Here volgens julle stamme en volgens julle afdelings.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle het vandag vir julle God gesê dat julle Hom nie wil hê nie, Hy wat julle altyd red wanneer julle swaarkry en wanneer dit sleg gaan met julle. Julle het vir Hom gesê: ‘U moet 'n koning kies en U moet hom aanstel oor ons.’ Nou goed, kom staan nou voor die Here, elke stam en groep bymekaar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder sê Samuel: “Maar julle, Israeliete, het nou die rug vir God gedraai, dié God wat julle altyd uithelp wanneer daar rampe is en julle moeilikheid het. Julle het mos gesê: ‘Nee, stel ’n koning oor ons aan!’ Kom staan dan nou hier voor die Here volgens julle stamme en families.”