1 Samuel 10:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Saul sê vir sy oom: Hy het ons duidelik vertel dat die esels gevind is. Maar van die saak van die koninkryk waarvan Samuel gespreek het, het hy hom nie vertel nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hy het gesê dat die donkies alreeds gekry is,” antwoord Saul. Saul het egter stilgebly oor wat Samuel van die koningskap gesê het.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar Samuel van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.
Afrikaans 1983 “Hy het ons verseker dat die donkies gekry is,” het Saul vir sy oom gesê. Maar oor die saak van die koningskap wat Samuel genoem het, het Saul niks gesê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saul het sy oom geantwoord: “Hy het ons maar net verseker dat die donkiemerries gevind is. ” Oor die saak van die koningskap waaroor Samuel gepraat het, het Saul egter niks vir hom gesê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saul het vir sy oom gesê: “Hy het net vir ons gesê dat die mense die donkies gekry het.” Samuel het ook nog gesê dat Saul koning sal word, maar Saul het niks daarvan gesê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hy het ons verseker dat die donkies gekry is,” antwoord Saul. Maar oor die koningskap waarvan Samuel gepraat het, het Saul nie ’n woord gesê nie.