1 Samuel 10:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En een van dieselfde plek antwoord en sê: Maar wie is hulle vader? Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand uit die omgewing het gevra: “Waarvandaan kom hulle nou eintlik?” Daarom het dit ’n spreekwoord geword: “Is Saul ook onder die profete?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete? |
| Afrikaans 1983 | En iemand uit die omgewing het bygevoeg: “En waarvandaan kom hulle nogal?” Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Iemand wat daar was, het gevra: “En wie is hulle vader? ” Daarom het dit 'n spreekwoord geword: “Is Saul ook onder die profete?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat daar was, het ook nog gevra: “Van watter familie kom die profete?” Daarom sê die mense vandag nog: “Is Saul ook by die profete?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand daar naby merk toe op: “En wie is nogal hulle leier?” Dit is waar die spreekwoord vandaan kom wat sê: “Hoort Saul dan by die profete?” |