1 Samuel 10:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe almal wat hom vantevore geken het, sien dat hy onder die profete geprofeteer het, het die volk vir mekaar gesê: Wat is dit wat met die seun van Kis oorgekom het? Is Saul ook onder die profete?
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat hom voorheen geken het en gesien het hoe hy soos ’n profeet optree, het vir mekaar gesê: “Wat het dan met die seun van Kis gebeur? Hoe is dit dat Saul ook tussen die profete is?”
Afrikaans 1933/1953 En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?
Afrikaans 1983 Almal wat hom voorheen geken het en nou gesien het hoe hy saam met die profete as profeet optree, het vir mekaar gevra: “Wat het met Kis se seun gebeur? Is Saul ook onder die profete?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe almal wat hom voorheen geken het, sien dat hy sowaar saam met profete profeteer, het hulle vir mekaar gevra: “Wat is dit wat met die seun van Kis gebeur het? Is Saul ook onder die profete?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense wat voorheen vir Saul geken het, en wat nou gesien het hy praat saam met die profete, was verbaas en hulle het vir mekaar gesê: “Wat het gebeur met die seun van Kis? Is Saul nou ook by die profete?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat hom jare al geken het, kon hulle oë skaars glo toe hy so saam met die profete is en net soos hulle maak. “Wat het met Kis se seun gebeur?” vra hulle vir mekaar. “Hoort Saul dan by die profete?”