1 Samuel 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe neem Samuel 'n skaal olie en gooi dit op sy hoof uit en soen hom en sê: Is dit nie omdat die HERE jou gesalf het as owerste oor sy erfdeel nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Samuel neem toe ’n kruik met olie, gooi dit op Saul se kop uit, soen hom en sê: “Die Here het jou gesalf as leier oor sy besitting.
Afrikaans 1933/1953 En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die HERE jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?
Afrikaans 1983 Nadat die slaaf vooruitgeloop het, het Samuel 'n kruik olie gevat en dit oor Saul se kop uitgegiet, hom gesoen en gesê: “Die Here het jou tot regeerder oor sy besitting gesalf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Samuel het die fles met olie geneem en dit op Saul se kop uitgegiet. Hy het hom gesoen en vir hom gesê: “Is dit nie so dat die Here jou as leier oor sy erfdeel gesalf het nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Samuel neem toe 'n klein kruikie olyf-olie en hy gooi dit uit oor Saul se kop. Hy soen toe vir Saul en sê vir hom: “Die Here salf jou om koning te wees oor die volk wat aan Hom behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe vat Samuel ’n kruik met olyfolie en gooi dit op Saul se kop uit. Hy omhels hom en sê: “Die Here salf jou as die leier van sy eie volk.”