1 Samuel 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hanna het geantwoord en gesê: Nee, my heer, ek is 'n vrou met 'n bedroefde gees; ek het nie wyn of sterk drank gedrink nie, maar my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.
Afrikaans (NLV) 2011 “O nee, Meneer!” antwoord sy. “Ek het nie wyn of sterk drank gedrink nie. Ek is net diep bedroef. Ek het maar net my hart voor die Here oopgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.
Afrikaans 1983 Maar Hanna het geantwoord: “Nee, Meneer, ek is maar net 'n vrou wat diep terneergedruk is. Ek het nie wyn of bier gedrink nie. Ek het my hart uitgestort voor die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Hanna het geantwoord en gesê: “Nee, my heer! Ek is 'n vrou met 'n swaar gemoed. Wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my hart voor die Here uitgestort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Hanna het vir Eli gesê: “Nee, Meneer, ek het nie wyn of bier gedrink nie, ek is baie hartseer en ek het vir die Here gesê hoe ek voel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “U maak ’n fout, Meneer,” antwoord Hanna. “Ek het nie wyn of enige sterk drank gedrink nie. Ek is ’n baie ongelukkige vrou en ek het maar net my hart voor die Here uitgepraat.