1 Peter 5:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat standvastig in die geloof teëstaan, omdat hulle weet dat dieselfde beproewinge onder julle broeders wat in die wêreld is, gedoen word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. |
| Afrikaans 1983 | Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hom moet julle teenstaan, standvastig in die geloof, in die wete dat julle medegelowiges oor die hele wêreld dieselfde soort lyding verduur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet veg teen die duiwel, julle geloof moet baie vas wees. Julle moet weet dat daar mense in die hele wêreld is wat ook in Christus glo, soos julle, en hulle kry ook so swaar soos julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie toelaat dat hy julle geestelike fondamente skud nie. Laat dít vir julle ’n troos wees: daar is Christene oor die hele wêreld wat as Christene dieselfde dinge as julle ly omdat hulle dieselfde stryd as julle stry. |