1 Peter 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees nugter, wees waaksaam; want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
Afrikaans (NLV) 2011 Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.
Afrikaans 1933/1953 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
Afrikaans 1983 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees nugter, wees waaksaam! Julle teenstander, die Duiwel, loop rond “soos 'n brullende leeu”, op soek na wie hy kan verslind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet goed dink wat julle doen en julle moet wakker wees. Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n leeu wat brul, hy soek iemand om op te vreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die geestelike stryd moet julle op en wakker wees. Julle het ’n gevaarlike vyand, die duiwel. Hy loop rond soos ’n honger leeu wat iemand soek om te verskeur. As hy julle aanval, moet julle met julle geloof in die Here terugveg.