1 Peter 5:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle 'n kroon van heerlikheid ontvang wat nie verdwyn nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En wanneer die Hoofherder verskyn, sal julle deel kry aan sy heerlikheidskroon wat nooit vergaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang. |
| Afrikaans 1983 | En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wanneer die Groot Herder verskyn, sal julle die erekrans van heerlikheid ontvang, wat nooit sal verwelk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Christus is die Hoof van die herders, en wanneer Hy weer kom, dan sal julle die lourier-krans kry wat pas by 'n koning, dit is 'n kransie wat nie droog word en verlep nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer Jesus, die Een wat so goed vir ons almal sorg, weer kom, sal Hy julle soos konings behandel. Hy sal julle die eer gee wat net konings kry en niemand sal dit van julle kan wegvat nie. |