1 Peter 5:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur Silvanus, 'n getroue broer vir julle, soos ek dink, het ek kortliks geskryf, vermaan en getuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek skryf hierdie kort briefie aan julle met Silvanus se hulp. Hy is ’n getroue broer. Die doel met my brief is om julle te bemoedig en te verseker dat die genade van God met julle is, ongeag wat met julle gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur Silv nus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan. |
| Afrikaans 1983 | Silvanus, wat na my mening 'n getroue broer is, het vir my hierdie kort briefie aan julle op skrif gestel. Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het deur Silvanus, na my oordeel 'n getroue broer, kortliks aan julle geskryf om julle te bemoedig, en julle nadruklik te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan vas daarin! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek weet dat Silvanus 'n goeie vriend is, hy sal altyd doen wat hy belowe het. Hy het my gehelp om hierdie kort brief vir julle te skryf. Ek het geskryf om julle te bemoedig en te sê dat hierdie boodskap die waarheid is, die boodskap dat God baie goed is. Dit is hoekom julle moet aanhou glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Silvanus het my gehelp om hierdie kort briefie aan julle te skryf. Hy is ’n mede-Christen op wie ’n mens kan staatmaak. My doel met die brief is om julle moed in te praat deur julle weereens aan alles te herinner wat ons God vir ons gee sonder dat ons dit verdien. Dit is ware genade. Gryp dit met albei hande vas en moet dit nooit los nie. |