1 Peter 5:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek vermaan die ouderlinge wat onder julle is, wat ook 'n ouderling is en 'n getuie van die lyde van Christus en ook deelagtig aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
Afrikaans (NLV) 2011 Nou rig ek my tot die ouderlinge onder julle. Ek is self mede-ouderling én getuie van die lyding van Christus. Ek sal self ook deel hê aan sy heerlikheid wat geopenbaar gaan word. As ’n mede-ouderling doen ek ’n beroep op julle:
Afrikaans 1933/1953 Ek vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
Afrikaans 1983 As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek doen dan nou 'n ernstige beroep op die ouderlinge onder julle, ek, julle mede-ouderling en getuie van die lyding van •Christus, en julle deelgenoot in die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [1-2] Ek is 'n ouderling soos julle en ek is 'n getuie wat gesien het dat Christus baie swaar gekry het. Die tyd is ook nou baie naby wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is, en ek sal dit ook sien. Daarom vra ek mooi vir julle wat ouderlinge is, om herders te wees wat sorg vir God se mense wat daar by julle is. Julle moet sorg vir hulle, nie omdat iemand sê julle móét dit doen nie, maar omdat julle dit graag wil doen en omdat God dit wil hê. Julle moet dit doen, nie omdat julle altyd meer dinge wil hê nie, maar omdat julle baie graag wil sorg vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die kerkleiers onder julle wil ek iets besonders sê. Ek self is ook ’n kerkleier wat vir ander van die lyding van Jesus vertel. Wanneer Jesus weer kom, sal ek ook die eer kry wat Hy aan gelowiges gaan gee. Ek weet dus waarvan ek praat.