1 Peter 4:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En bo alles moet julle vurige liefde onder julle hê, want liefde sal die menigte van sondes bedek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar bo alles moet julle mekaar vurig liefhê, want die liefde sal 'n menigte sondes bedek. |
| Afrikaans 1983 | Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bo alles moet julle mekaar innig liefhê, omdat “die liefde 'n menigte sondes bedek”. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die belangrikste van alles is dat julle baie lief moet wees vir mekaar, want die liefde maak baie sondes toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie. |