1 Peter 4:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die einde van alle dinge is naby; wees dan nugter en waak tot gebed.
Afrikaans (NLV) 2011 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees; dan sal julle kan bid.
Afrikaans 1933/1953 En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.
Afrikaans 1983 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die einde van alle dinge is op hande. Daarom moet julle selfbeheersd en nugter wees, met die oog op gebed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal al die dinge wat nou gebeur, ophou om te gebeur. Daarom moet julle verstandig wees en goed dink wat julle doen, sodat julle kan bid soos 'n mens moet bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is nou nie meer lank voor die wêreld soos ons dit ken tot ’n einde gaan kom nie. Onthou dit elke oomblik en dink daaroor na. Sorg dat julle weet wat aangaan sodat julle sinvol met God kan praat in gebed.