1 Peter 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daarom is die evangelie ook aan die dode verkondig, sodat hulle na die mense in die vlees geoordeel kan word, maar na God in die gees lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dis juis hoekom die Goeie Nuus aan die dooies verkondig is toe hulle nog gelewe het. Hulle kon toe besef dat hulle volgens God se geestelike maatstawwe kan lewe, hoewel hulle volgens aardse, menslike maatstawwe veroordeel was om die fisiese dood te sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees. |
| Afrikaans 1983 | Daarom is die evangelie immers ook verkondig aan dié wat nou dood is sodat, hoewel hulle as mense onder die oordeel was om na die liggaam te sterwe, hulle na die gees sou lewe soos God lewe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is immers waarom die evangelie ook aan hulle wat reeds dood is, verkondig is, sodat, al sou hulle wel volgens menslike maatstaf na die liggaam geoordeel word, hulle volgens die maatstaf van God na die gees kan leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want dit is hoekom die mense wat klaar gesterf het, ook die goeie boodskap gehoor het terwyl hulle gelewe het. Mense het hulle hier op aarde ge-oordeel en doodgemaak, maar die Heilige Gees laat hulle lewe soos God wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is waarom die boodskap van Jesus se oorwinning ook gebring is aan die mense wat reeds dood is. Hulle het wel liggaamlik doodgegaan (wat eintlik ons almal se straf op die sonde is), maar hulle gees sal die lewe kry wat God vir hulle sal gee. |