1 Peter 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die afgelope tyd van ons lewe kan ons genoeg wees om die wil van die heidene te bewerk, toe ons gewandel het in ongebondenheid, begeerlikhede, oormatige wyn, feesvieringe, maaltye en afskuwelike afgodediens.
Afrikaans (NLV) 2011 In die verlede het julle lank genoeg soos nie-Christene geleef. Julle het vrye teuels gegee aan losbandigheid en natuurlike neigings, julle het wilde en uitspattige dronkpartytjies gehou en afskuwelike afgodery bedryf.
Afrikaans 1933/1953 Want dit is genoeg dat ons die afgelope lewenstyd die wil van die heidene volbring het deur te wandel in ongebondenheid, begeerlikheid, dronkenskap, brasserye, drinkpartye en ongeoorloofde afgoderye.
Afrikaans 1983 In die verlede toe julle nog heidene was, is julle lewe lank genoeg beheers deur julle heidense begeertes: losbandigheid, wellus, dronkenskap, swelg- en drinkpartye en afskuwelike afgodery.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Immers, julle het in die tyd wat verby is, al oorgenoeg deel gehad aan dit wat die heidene wil doen: uitspattigheid, begeerte, dronkenskap, brassery, drinkpartytjies en verfoeilike afgodediens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want voorheen het julle lank die dinge gedoen wat die heidene doen. Julle het alles gedoen wat julle wil, julle wou slegte dinge doen, julle het gedrink totdat julle dronk was, julle het wilde partytjies gehou en baie gedrink, en julle het afgode aanbid. Dit was baie slegte dinge wat julle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek praat nou van daardie tyd toe julle alle ordentlikheid en reëls oorboord gegooi en net gedoen het waarvoor julle lus was. Julle het julle papdronk gedrink en wilde sekspartytjies gehou. Wat ’n afskuwelike, afgodiese lewe is dit nie!