1 Peter 4:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom moet die wat ly volgens die wil van God, die bewaring van hulle siele aan Hom toevertrou deur goed te doen, as aan 'n getroue Skepper. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle dus ly omdat julle doen wat God wil hê, moet julle aanhou goeddoen en julle lewe oorlaat aan God wat julle gemaak het. Hy sal julle nooit in die steek laat nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade. |
| Afrikaans 1983 | Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dus moet ook hulle wat, in ooreenstemming met die wil van God, ly, hulle lewe aan die getroue Skepper toevertrou deur te doen wat goed is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit alles beteken: Daar is mense wat swaarkry omdat God dit besluit het, maar hulle moet aanhou om goeie dinge te doen en hulle moet hulleself vir God gee. Dit is Gód wat vir ons gemaak het, en ons kan Hom vertrou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ’n mens al dié dinge in gedagte hou, moet die mense wat swaarkry omdat dit deel van God se plan met hulle is, Hom heeltemal vertrou met wat in hulle lewe gebeur. God het hulle immers gemaak en sal hulle nie in die steek laat nie. Hulle moet net op die regte pad bly deur goed te doen. |